Ek het vreeslik gesukkel om 'n internet konneksie te kry, dit is waarom ek nou eers weer skryf.
Ons het Woensdag met die Cat Cocos InterIsland Ferry vanaf Praslin na Mahe gery. Dit is 'n 45 min rit.
Ongelukkig was die see vreeslik rof. Dit het gesous terwyl ons gery het, en die deinings was GROOT.
Althea het baie seesiek geword, Ouma ook en ek was OK totdat Marisa toilet toe wou gaan. Jy loop en dan sak die boot en dan loop jy in die lug. Toe ons weer gaan sit, was ek ook siek!
Dit het gereen toe ons afgeklim het en toe het ons Eden Island toe gegaan.
Dit is 'n ontwikkeling waarvan Thys gehelp het om die finansiering te organiseer toe hy nog by Absa was. Dit is ontwikkel deur Suid Afrikaners. Dit is pragtig, maar meer soos 'n hotel. Ons het meer van die vakansiehuis in Praslin gehou, maar Eden Island is BAIE mooi. Elke huis het sy eie vasmeer plek en dok.
Donderdag was baie reenerig en ons het net rond gery. Ons was reg om die eiland.
Ons het ook verby die MAIA hotel gery, nog 'n plek wat Thys gehelp het by Absa. Ongelukkig mag niemand daar ingaan as jy nie daar werk nie.
Die hele eiland is vol groot graniet boulders.
Ons het gery tot hoog bo-op die berge.
Ons het by 'n tee fabriek middagete geeet.
Vrydag het ons na 'n vreeslike mooi strand gegaan - Anse Royale.
Dit is springgety, en die laagwater is baie laag. Ons kon toe baie verder in die see ingegaan het as normaalweg. Daar is groot rotse en 'n klein eiland so 'n klein entjie in die see in.
Die snorkel was fantasties. Ons het weer ander visse gesien as by Anze Lazio. Papegaai visse, butterfly fish, angel fish en baie, baie meer. Orals is die mooiste korale en dit is alles vlak. Jy kan daar staan, maar ons wou nie, want dan breek ons die korale.
Toe dit begin hoogwater word, was die see te rof, en ons het huis toe gegaan.
Ons was laat die middag by allerhande winkels en markies. Die kinders het ge-'shop'!!
Toe het ons na die noorde van die eiland gery - Thys wou ons na 'n restaurant toe vat waar hy voorheen al geeet het. Hulle het egter eers 7 uur oopgemaak, so ons het op die strand gestap en 'n baie mooi sonsondergang gesien.
Die restaurant het 'n bord teen die muur waar almal hulle besigheidskaartjies opsit.
Thys het twee jaar gelede sy kaartjie daar opgesit, en nou het Oupa en Thys weer kaartjies opgesit.
Die kos was fantasties en ons het met vol magies teruggery.
Ons was vandag terug Anse Royale toe. Dit was weer heerlik. Ons het vir die see baai gese, more gaan ons huit toe!!!
Mis julle almal!
Saturday, March 19, 2011
Tuesday, March 15, 2011
Anse Lazio x 2
Aangesien dit vandag ons laaste dag in Praslin was, is ons terug Anse Lazio toe.
Daar was 'n bietjie meer branders, maar die snorkel was nog steeds fantasties. Thys het 'n weggooibare onderwater kamera gekoop en 27 foto's geneem. Ons hoop maar daar is 'n paar mooies!
Nadat ons moeg gesnorkel was, het die kinders en Thys branders gery.
Ons het weer by Le Chavelier middagete gaan eet. 'Same procedure as yesterday'.
Dit het so drie-uur begin toetrek en reen en ons het in die berge gaan rondry - die pad se naam was Zimbawe Road.
Ons het so half-vyf terug by die huis gekom, en toe die aaklige nuus gekry dat my perd dood is aan perdesiekte. Marisa het in trane aan die slaap geraak toe sy besef wat dit beteken dat die karkas leeupark toe gaan.
Ons het vis, kreef en varktjops gehad vir aandete.
Praslin het 'n baie rare kokos boom - Coco de Mer. Hy kom natuurlik net op Praslin voor. Daar is 'n mannetjie en 'n wyfie boom, hulle neem tussen 15 en 40 jaar om volwasse te word voor hul vrugte dra. Jy kan 'n saad met 'n permitnommer koop @ R2000 een. Die eienaardige ding van die boom is die vorm van die saad. Hieronder is 'n foto van die vroulike saad langs 'n gewone kokosneut om die grote te wys.
Ons het ongelukkig nie 'n foto van die manlike saad geneem nie.
Ons gaan more met die ferry na Mahe toe waar ons by Eden Island gaan bly. Ek weet nie of ons internet toegang gaan he nie, maar ek sal probeer om weer more foto's op te sit. Verlang na julle almal.

Monday, March 14, 2011
Anse Lazio
Ons was vandag by Anse Lazio, glo die tweede mooiste strand in die wêreld. Dit is ongelooflik mooi. Die helderste water en mooiste strand moontlik!
Ons het so half tien daar aangekom en dadelik gaan snorkel. Die water was helderder as 'n swembad s'n. Die see was lekker warm. Thysie en Althea en Oupa Thys het 'n seeskilpad gesien. Daar was miljoene vissies, bloues, perses, geles. Papegaaivisse, engelvisse, inkvisse, anemoonvissies en ek ken nie al die ander name nie.
Daar is ook groot boulders en die kinders het heerlik daarop rondgeklim.
Ons het lekker daar gestap, maar die son was VREESLIK warm. Ons is maar gou weer in die koelte in.
Daar het 'n paar groot bote in die baai gelê, en ook in en uit gery.
Ons het middagete geëet by Le Chavelier langs die strand. Die kos was baie lekker en darem nie te duur nie.
Daarna is ons weer strand toe, maar toe was daar bloublasies en ons het maar liewers onder die bome gaan sit.
Nog 'n einde van 'n wonderlike dag! Ons wil more weer na hierdie strand toe gaan, want dit is so ongelooflik pragtig en 'n lieflike snorkel plek!

Saturday, March 12, 2011
Ons Seychelles Vakansie
Vrydag was 'n Vreeslike lekker dag. Ons was op die mooiste plek wat ek nog ooit gesien het. 9 uur die oggend het ons die ferry geneem na La Dique en fietse gehuur om die eiland te verken.

Daar is nie baie gewone voertuie op die eiland nie. Net BAIE fietse en 'n paar 'Ox Carts'

Ons het heel eerste na die onderkant van die eiland gery. Daar is 'n natuurreservaat met verskriklike groot 'boulders' en allerhande boerderye wat hulle demonstreer. Hier is 'n foto van 'n os wat 'n meule trek met kokosneute in. Die klapper olie tap onder uit.

Daar is ook 'n klein Vanilla plantasie. 'n Vanilla is eintlik 'n soort orgidiee, dan as dit blom en 'n vrug maak, droog hulle die vrug. Dit is dan 'n vanilla peul waarvan die ekstrak gemaak word.

Daar is baie groot rots blokke orals langs die strand.

'n Paartjie het op die strand getrou terwyl ons daar was en toe het ons daar gaan foto's neem nadat hulle weggegaan het.

Die snorkel by hierdie strand was VERSKRIKLIK mooi. Die water was helder, die vissies soos in 'n akwarium. Toe het dit begin reën en ons het in die reën gestaan sodat die sout kan afspoel. Daarna het ons gaan eet en weer met die fietse gery na die noorde van die eiland toe.
Dit was die MOOISTE see en strand wat ek nog ooit gesien het.

Ons het VER gery met die fietse, omtrent 30 km al te saam. Marisa en Ouma het so 12 km van die einde af 'n TAXI geneem tot terug by die hawe. Daarna het ons weer met die Ferry terug gery Pralin toe. Oppad terug het ons dolfyne 'n entjie van die boot af gesien.
The end of a perfect day.

Subscribe to:
Posts (Atom)