Ons was vandag by Anse Lazio, glo die tweede mooiste strand in die wêreld. Dit is ongelooflik mooi. Die helderste water en mooiste strand moontlik!
Ons het so half tien daar aangekom en dadelik gaan snorkel. Die water was helderder as 'n swembad s'n. Die see was lekker warm. Thysie en Althea en Oupa Thys het 'n seeskilpad gesien. Daar was miljoene vissies, bloues, perses, geles. Papegaaivisse, engelvisse, inkvisse, anemoonvissies en ek ken nie al die ander name nie.
Daar is ook groot boulders en die kinders het heerlik daarop rondgeklim.
Ons het lekker daar gestap, maar die son was VREESLIK warm. Ons is maar gou weer in die koelte in.
Daar het 'n paar groot bote in die baai gelê, en ook in en uit gery.
Ons het middagete geëet by Le Chavelier langs die strand. Die kos was baie lekker en darem nie te duur nie.
Daarna is ons weer strand toe, maar toe was daar bloublasies en ons het maar liewers onder die bome gaan sit.
Nog 'n einde van 'n wonderlike dag! Ons wil more weer na hierdie strand toe gaan, want dit is so ongelooflik pragtig en 'n lieflike snorkel plek!






No comments:
Post a Comment