Ek het vreeslik gesukkel om 'n internet konneksie te kry, dit is waarom ek nou eers weer skryf.
Ons het Woensdag met die Cat Cocos InterIsland Ferry vanaf Praslin na Mahe gery. Dit is 'n 45 min rit.
Ongelukkig was die see vreeslik rof. Dit het gesous terwyl ons gery het, en die deinings was GROOT.
Althea het baie seesiek geword, Ouma ook en ek was OK totdat Marisa toilet toe wou gaan. Jy loop en dan sak die boot en dan loop jy in die lug. Toe ons weer gaan sit, was ek ook siek!
Dit het gereen toe ons afgeklim het en toe het ons Eden Island toe gegaan.
Dit is 'n ontwikkeling waarvan Thys gehelp het om die finansiering te organiseer toe hy nog by Absa was. Dit is ontwikkel deur Suid Afrikaners. Dit is pragtig, maar meer soos 'n hotel. Ons het meer van die vakansiehuis in Praslin gehou, maar Eden Island is BAIE mooi. Elke huis het sy eie vasmeer plek en dok.
Donderdag was baie reenerig en ons het net rond gery. Ons was reg om die eiland.
Ons het ook verby die MAIA hotel gery, nog 'n plek wat Thys gehelp het by Absa. Ongelukkig mag niemand daar ingaan as jy nie daar werk nie.
Die hele eiland is vol groot graniet boulders.
Ons het gery tot hoog bo-op die berge.
Ons het by 'n tee fabriek middagete geeet.
Vrydag het ons na 'n vreeslike mooi strand gegaan - Anse Royale.
Dit is springgety, en die laagwater is baie laag. Ons kon toe baie verder in die see ingegaan het as normaalweg. Daar is groot rotse en 'n klein eiland so 'n klein entjie in die see in.
Die snorkel was fantasties. Ons het weer ander visse gesien as by Anze Lazio. Papegaai visse, butterfly fish, angel fish en baie, baie meer. Orals is die mooiste korale en dit is alles vlak. Jy kan daar staan, maar ons wou nie, want dan breek ons die korale.
Toe dit begin hoogwater word, was die see te rof, en ons het huis toe gegaan.
Ons was laat die middag by allerhande winkels en markies. Die kinders het ge-'shop'!!
Toe het ons na die noorde van die eiland gery - Thys wou ons na 'n restaurant toe vat waar hy voorheen al geeet het. Hulle het egter eers 7 uur oopgemaak, so ons het op die strand gestap en 'n baie mooi sonsondergang gesien.
Die restaurant het 'n bord teen die muur waar almal hulle besigheidskaartjies opsit.
Thys het twee jaar gelede sy kaartjie daar opgesit, en nou het Oupa en Thys weer kaartjies opgesit.
Die kos was fantasties en ons het met vol magies teruggery.
Ons was vandag terug Anse Royale toe. Dit was weer heerlik. Ons het vir die see baai gese, more gaan ons huit toe!!!
Mis julle almal!

















No comments:
Post a Comment