Aangesien dit vandag ons laaste dag in Praslin was, is ons terug Anse Lazio toe.
Daar was 'n bietjie meer branders, maar die snorkel was nog steeds fantasties. Thys het 'n weggooibare onderwater kamera gekoop en 27 foto's geneem. Ons hoop maar daar is 'n paar mooies!
Nadat ons moeg gesnorkel was, het die kinders en Thys branders gery.
Ons het weer by Le Chavelier middagete gaan eet. 'Same procedure as yesterday'.
Dit het so drie-uur begin toetrek en reen en ons het in die berge gaan rondry - die pad se naam was Zimbawe Road.
Ons het so half-vyf terug by die huis gekom, en toe die aaklige nuus gekry dat my perd dood is aan perdesiekte. Marisa het in trane aan die slaap geraak toe sy besef wat dit beteken dat die karkas leeupark toe gaan.
Ons het vis, kreef en varktjops gehad vir aandete.
Praslin het 'n baie rare kokos boom - Coco de Mer. Hy kom natuurlik net op Praslin voor. Daar is 'n mannetjie en 'n wyfie boom, hulle neem tussen 15 en 40 jaar om volwasse te word voor hul vrugte dra. Jy kan 'n saad met 'n permitnommer koop @ R2000 een. Die eienaardige ding van die boom is die vorm van die saad. Hieronder is 'n foto van die vroulike saad langs 'n gewone kokosneut om die grote te wys.
Ons het ongelukkig nie 'n foto van die manlike saad geneem nie.
Ons gaan more met die ferry na Mahe toe waar ons by Eden Island gaan bly. Ek weet nie of ons internet toegang gaan he nie, maar ek sal probeer om weer more foto's op te sit. Verlang na julle almal.






No comments:
Post a Comment